Nou in Teaters
#MoenieDinkNieDoenNet

logo.png
Armand Aucamp
Jacques Bessenger
Rolanda Marais
Donnalee Roberts
typewriter.png
logo.png
Carina Human
Cindy Swanepoel
Donnalee Roberts
Mysi Moolman
logo.png
Armand Aucamp
Jacques Rynhard
Edwin van der Walt
logo.png
Rolanda Marais
Lena Aucamp
Christia Visser
logo.png
Jacques Bessenger
Jan-Paul Otto
Luan Jacobs

Kyk Lokprent

Ballade vir 'n Enkeling Poster
Oorsig

Ballade vir 'n Enkeling

Moenie dink nie, doen net

Vrystellingsdatum: 20 Maart 2015

Produksie Maatskappy:
Vervaardiger:
Skrywer:
Regisseur:


Genre:
Lengte:
Ouderdomsbeperking:
The Film Factory
Danie Bester
Leon van Nierop
Quentin Krog


Romantiese speurverhaal
139 minute
TBC

Sinopsis

250 Woorde

Wat maak ʼn mens wanneer jou verlede jou inhaal? Maar nog erger? Wanneer jou ergste nagmerries waar word? Dit is die dilemma waarmee die land se bekendste en mees geliefde skrywer, Jacques Rynhard, in sy romans worstel.

Dit blyk ook dat al sy trefferromans oor dieselfde meisie handel: Lena Aucamp, sy skoolliefde. En dat sy beste vriend, Jan-Paul Otto, ook prominent in die meeste van sy verhale verskyn. Wat is feite en wat is fiksie?

Hierdie vraag teister joernaliste en vriende wanneer Jacques Rynhard nie opdaag wanneer die Basson-prys vir letterkunde aan hom oorhandig moet word nie. Pandemonium breek uit onder almal wat hom ken. En gou besef Carina Human dat elkeen van sy kollegas of vriende iets het om weg te steek en dat sy bloed uit ʼn klip sal moet tap alvorens sy die waarheid ontdek.

Intussen hou haar gemene redakteur, Gavin Greeff, haar soos ʼn valk dop en hang haar loopbaan daarvan af of sy genoeg skandale kan oopkrap. Maar Carina ontdek meer as oppervlakkige skinderstories wanneer sy veral Jacques se ma, die grimmige Liebet Rynhard besoek wat nog steeds in haar spoorweghuisie woon wat langs die treinspoor staan. Watter geheime bewaar sy? En hoekom speel treine so ʼn belangrike rol in Jacques se lewe? Het daar dalk iets op ʼn trein gebeur wat sy vormingsjare radikaal verander het?

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling sal jou vermaak, skok, onthuts en meevoer, gegrond op die treffer-TV reeks van die jare tagtig wat die land tot stilstand gebring het.

1 Sin

Moenie dink nie, doen net.

2 Sinne

Die gewilde skrywer, Jacques Rynhard, verdwyn die aand wanneer hy ʼn prys sou wen. ʼn Joernalis, Carina Human, ontdek die grusame waarheid agter sy verdwyning wat die land ruk.

100 Woorde

“Moenie dink nie, doen net!” was die leuse waarvolgens Jacques Rynhard geleef het. Maar skynbaar het hy dié leuse te ver gevoer wanneer hy nie opdaag om ʼn letterkundeprys te ontvang nie.

In die gehoor sit Carina Human, ʼn joernalis by ʼn skindertydskrif wat die opdrag het om soveel skandale moontlik oor hom oop te krap. Skandale is daar wel, maar ook veel meer. En gou ontdek sy dat selfs sy dalk nie die waarheid oor Jacques sal kan hanteer nie.

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling is nou in ʼn nuwe, byderwetse en meer skokkende gedaante as ooit tevore.

Halwe Bladsy

Hoekom verdwyn Jacques Rynhard, die land se gewildste skrywer, op die aand waarop die hoogste letterkundeprys aan hom oorhandig gaan word? Het daar te veel geraamtes uit sy kas getuimel en het sy verlede hom uiteindelik ingehaal? Maar die belangrikste: Is Jacques Rynhard werklik wie almal aangeneem het hy is?

Dit is die vrae waarmee ʼn joernalis by ʼn skindertydskrif, Carina Human, worstel. Aanvanklik is sy teësinnig om sy storie te skryf. Maar vele leidrade dwing haar om dieper as die oppervlakte te krap.

Sy voormalige uitgewer, Alicia Francke, skel hom uit as ʼn uittartende loslyf-skurk. Mense in die uitgewers- en vermaaklikheidsbedryf betwyfel sy talent. Sy voormalige verloofde, Lena Aucamp, bly nie meer by hom nie. En sy ma, Liebet Rynhard, praat skaars met hom. Kan dit wees dat hy ʼn Jekyll and

Hyde-figuur is wat net sy beste kant vir mense wys om te kry wat hy wil hê? Of skuil daar demone in sy verlede wat hom bloots ry en waarvan hy steeds nie ontslae kan raak nie?

Gedurende haar ondersoek krap Carina Human ʼn perdebynes van korrupsie, verraad, donker geheime en selfs moord oop. Sy kom ook onder die indruk van haar eie onvervuldheid. Hoe haar lewe tekort skiet. En hoe intens sy met Jacques Rynhard identifiseer. Maar is daar dalk mense wat haar belieg terwyl sy oor hom navorsing doen? En is almal werklik wie hulle voorgee om te wees?

Gou besef Carina: Hierdie is nie sommer net nog ʼn lekker skandaal-van-die-week nie. Hierdie is die belangrikste storie van haar lewe. Die vraag is: sal sy bly lewe om dit te vertel?

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling sal jou skok, boei, vermaak maar bowenal meevoer, nes destyds in 1987 toe dit vir die eerste keer op televisie vertoon is. Maar dié slag word alles openbaar gemaak.

Vollengte Bladsy

Dit was altyd treine, van die begin af. Vir die seuntjie wat langs die treinspoor grootgeword het, Jacques Rynhard, het ʼn stoomlokomotief nog altyd krag, lewe en geluk versinnebeeld. Maar later sou dieselfde treine ook getuie gewees het van sy bloedtyd – die grusaamste tyd in sy lewe.

Nou, as een van die land se gewildste skrywers, kom hy agter dat sy kreatiwiteit leeggetap is. Dit wat hy die meeste gevrees het, naamlik om op te droog, het gebeur. En van oraloor kom die waarskuwings: “Dit is omdat jou lewe vervelig gelukkig geword het, dat jy stagneer het.”

Op die grootste aand van sy lewe, wanneer hy die Basson-prys vir Letterkunde wen vir sy jongste roman, Die Enkeling, verdwyn Jacques Rynhard. Carina Human, ʼn verslaggewer by die skindertydskrif Montage, kry opdrag om ʼn storie oor sy verdwyning te doen.

Wat begin as alledaagse verslaggewing oor wat skynbaar ʼn reklamefoefie is, word ʼn lewensveranderende waarheid. Want nie alleen krap Carina Human ʼn storie oop wat net sowel uit die bladsye van ʼn misdaadroman kon gekom het nie, sy ontdek ook ʼn man met wie sy op ʼn vreemde manier identifiseer. Jacques is alles wat sy nog altyd in ʼn man wou gehad het. En in haar soektog ontdek sy ook haarself.

Haar soektog neem haar op ʼn dramatiese en bloedige pad waarin sy ontdek dat Jacques Rynhard dwarsdeur sy lewe in die rug gesteek is. Dat die meeste van sy romans biografies is, en dat hy eintlik om hulp vra in die meeste van sy boeke. Maar dit is wanneer sy op sy geboortedorp, Kleinbegin aankom, dat sy op inligting afkom wat sy nie eers in haar wildste stories kon uitdink nie. En ontdek sy ʼn man wat gefolter is deur dinge waaroor hy geen beheer gehad het nie.

Dan moet sy besluit: skryf sy die geelpers-weergawe vol sensasie en melodrama en bloederige geweld? Of vertel sy van die saggeaarde, talentvolle en gepynigde man wat heeltemal anders is as sy openbare beeld?

En wat beteken die bloedstreep teen sy woonstel se muur? Wat presies het gebeur voor hy verdwyn het? En sal Carina toegelaat word om die waarheid te skryf?

Leon van Nierop se Ballade vir ʼn Enkeling is gebasseer op een van die gewildste TV-reekse in die geskiedenis van die land wat ʼn geslag beïnvloed, geïnspireer en aangegryp het.

Maar dié slag is daar meer. Ook die storie wat destyds nie op TV vertel kon word nie. Nou is dit tyd vir die volle waarheid.

Vennote & Borge